Sasol Digi Mag Rugbyklub klop Vereeniging

Rugbyspanne sê mekaar die stryd aan.

SECUNDA – Sasol Digi Mag Rugbyklub van Secunda het op Vrydagaand, 7 Mei teen Vereeniging kole gegooi en die vriendskaplike wedstryd 35-24 gewen.

Dit was ‘n baie gelykopstryd waarin Secunda die meer innoverende rugby gespeel het en hul kanse beter gebruik het.

Vereeniging se agttal het hul teenstanders aanvanklik harde bene laat kou en veral die skrums oorheers.

Dit was egter Sasol Digi Mag wat die telbord aan die rol gekry het en na ‘n dryfdrie het die skrumskakel Darlton Botha ‘n skitterdrie gedruk.

Sy direkte teenstander, Ryno Hendrikz het egter nie op hom laat wag nie en volgende gedruk.

Sasol Digi Mag was gevaarlik wanneer die bal wyd gespeel is en Fanna Motlaung en Steven Mofokeng het mooi bewegings afgerond.

PJ van Zyl het Sasol se laaste drie met ‘n groot lopie deur die middel aangevoer.

Exit mobile version