Theuns Adendorff se span seëvier by uitdaagkompetisie op Standerton

Die kompetisie was in ’n Individuele Stableford-formaat en Adendorff was onoorwonne met 40 punte.

Die kapteinspan van Theuns Adendorff het op Saterdag 1 Mei korte mette van hul teenstanders gemaak.

Altesaam 28 spelers het by die Standerton Gholfklub die gure weer trotseer.

‘n Totaal van 14 spanne het meegeding en Adendorff en Casper Roux was uiteindelik in ‘n uitspeelstryd gewikkel.

Spelers moes vir lief neem met balle wat koers verander het weens die snerpende wind.

Die kompetisie was in ‘n Individuele Stableford-formaat en Adendorff was onoorwonne met 40 punte.

Nico Lombard het 39 punte aangeteken, terwyl Jacques Scholtz, Wessel van der Merwe en Rikus White elk 37 op die telkaart ingevul het.

Werner Mouton en Philip du Preez moes albei tevrede wees met 36 punte, gevolg deur Ian Harper met 35 punte, asook Jaco Sutherland met dieselfde telling.

Deon Grimsell het onder die eerste 10 geëindig en 34 punte behaal.

Exit mobile version