Jongklomp van Standerton laat speke oor kilometers sing

Deelnemers moes poog om soveel kilometers as moontlik per fiets te ry gedurende die tydperk van Vrydag 23 April tot Sondag 2 Mei.

Die Standerton Trapklub het ‘n skoolvakansie-uitdaging vir junior fietsryers en ‘Nippers’ gehou.

Deelnemers moes poog om soveel kilometers as moontlik per fiets te ry gedurende die tydperk van Vrydag 23 April tot Sondag 2 Mei.

In die juniorafdeling het Ludriaan Meyer (15) eerste geëindig nadat hy 483,64km afgelê het, Duandre Nell (15) was in die tweede plek met 407,38km.

Luanco Claassens (17) het die derde plek behaal met 400,47km, gevolg deur John-James Sauer (15) met 278,48km en Zack van Zyl (18) met 96,93km.

By die dogters in die juniorafdeling het Unè van Wyk (15) 91,86km afgelê.

In die nipperafdeling het Hanru Meyer (11) die eerste plek met 223,08km behaal, terwyl Janco Meyer (9) tweede was met 190,14km en Nathan Greyling (8) derde met 86,16km. WJ Smith (jr) (7) was vierde met 34,01km, gevolg deur Gerhard Stuckler (4) met 5,31km.

Exit mobile version