Local sportSport

Alex Pieterse van Witbank wen Bethal se ope-kampioenskap

Altesaam 48 spelers het aan die kampioenskap deelgeneem.

BETHAL – Alex Pieterse van Witbank het verlede week Bethal Gholfklub se jaarlikse ope-kampioenskap gewen deur ‘n 138 gross aan te teken.

Vusi Zungu van Bethal met 143 gross was tweede.

Altesaam 48 spelers het aan die kampioenskap deelgeneem.

Pieterse het sy hande vol gehad nadat hy 70 houe, twee onder baansyfer, oor die eerste 18 putjies aangeteken het, teenoor Derick Human van Bethal se 72 en Zungu se 75.

Zungu het sy stem dik gemaak oor die laaste 18 putjies met sy skitterende 68 houe, maar Pieterse het Zungu se aanslag afgeweer deur ook 68 houe aan te teken.

Human het oor die tweede 18 putjies nie sy goeie spelpeil kon volhou nie en ongelukkig 78 houe gespeel.

Marco das Neves van Kriel het op ‘n uittel derde geëindig met 150.

Die prys vir die beste oggendgross is gewen deur Human met sy 75, terwyl Dean Hall van Graceland die prys vir die beste middaggross verower het. Hy het 76 houe gespeel.

Samual Maseko van Witbank het die prys vir die beste netto van die dag ontvang vir sy 138, terwyl Bertus Nortier met sy 141 tweede was.

Willie Strydom van Bethal het die prys vir die beste oggendnetto verower met sy 72, terwyl MG Snyman, ook van Bethal, die prys vir die beste middagnetto gewen het.

Sy telling was 71.

Sipho Skosana van Bethal speel uit die sandput.
Saul Mkenke van Arnot wys se staal in die sandput.
Samuel Sibanyoni
Ntokozo Zatu
Thabang Masile
Alfred Qwele

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button