Local sportSport

Jaguars-hokkiespan bring trofee huistoe

Ná afloop van die toernooi het Barend Olivier die trofee vir die mees belowendste doelwagter ontvang en Michaél Ronquest het die trofee vir die speler wat die meeste doele tydens die toernooi aangeteken het, ontvang.

Die nuwe Jaguars-hokkieklub is onlangs as die kampioene tydens die Intercity Nationale Hokkie-toernooi, in Johannesburg gekroon.

Spelers van Ermelo, Volksrust, Bethal en Secunda het naweke oefenkampe bygewoon en hulle hokkievermoë opgeskerp as voorbereiding vir dié toernooi.

Dié klub is onlangs deur mnr. Vusi Nkosi op die been gebring.

Die toernooi het vanaf 23 tot 26 April plaasgevind en ná vier baie lang dae met nege senutergende wedstryde het die S0/12-span na die eindronde deurgedring.

In die eindstryd het die Jaguars teen die Tshwane Sables te staan gekom en die wedstryd met geen punte geëndig, waarna hul oorgegaan het na ’n “8-second shoot-out”.

Hier het Jannie Jacobsz daarin geslaag om ’n doel vir sy span aan te teken, maar die Sables het vinnig teruggeantwoord met ’n doel van hul eie.

Volgens me. Natasha Ronquest, kon die spanning op en van die veld met ’n mes gesny word.

Die spanne het hulself in ’n “sudden death” situasie bevind, waar Nathan Herbst die span se oorwinning met die eerste doel verseker het.

Ná afloop van die toernooi het Barend Olivier die trofee vir die mees belowendste doelwagter ontvang en Michaél Ronquest het die trofee vir die speler wat die meeste doele tydens die toernooi aangeteken het, ontvang.

Me. Ronquest het vertel dat die seuns tot op die bittereinde deursettingsvermoë en spangees getoon het.

“Self Covid kon die ondersteuners nie weghou nie, al moes hulle soos vinke aan die drade en palisades hang om die seuns aan te moedig.”

Sy het vertel dat tydens die eindstryd die skeidsregter nie die wedstryd wou begin het, voor hy nie geweet het waar die groep ouers is wat so bankvas agter hul kinder staan nie.

“Hierdie jong plattelandse spanne het verseker hul merk gemaak en kan nie wag om in 2022 in Bloemfontein te gaan deelneem nie.”

Me. Ronquest het namens die bestuur van die span die volgende mense bedank;

• Die afrigters, Marie-Louise Myburgh, Amanda Turner, Siya Sibanyoni, Tyrique Maharaj, Douglas Sithole en Sanele Buthelezi.
• Ligbron vir die gebruik van hul astro-bane tydens die oefeninge, asook die borg van die sportsakke.
• Elke ouer wat rotsvas agter sy kind gestaan.

Die nuwe Jaguars-hokkieklub is onlangs as die kampioene tydens die Intercity Nationale Hokkie-toernooi, in Johannesburg gekroon. (Foto: Verskaf)

“En dan die belangrikste, ons Hemelse Vader dat Hy elke kind bewaar het en dat daar geen ernstige beserings opgedoen is nie.”

Besoek die Facebookblad “Jaguars Hockey Club” vir inligting rakende die binnehuishokkie seisoen wat om die draai is.

Skakel mnr. Nkosi by 083 794 7088 om deel te word van hierdie besonderse hokkieklub.

Related Articles

Back to top button