Perderuiters wys vaardighede op Secunda

Ruiters kwalifiseer vir nasionale ruitersport later vanjaar.

SECUNDA – Perderuiters van verskeie dorpe in Mpumalanga het op Saterdag, 17 April, aan die ruitersport (Western Mounted Games) by die Peraldi Ruitersentrum op Secunda deelgeneem om vir die nasionale ruitersport wat einde September en begin Oktober op Parys plaasvind, te kwalifiseer.

Magdaleen van Staden en haar perd, Impi, het die afdeling vir gestremdes gewen terwyl Stefan Slabbert op La Riata eerste in die vlak 0-afdeling geëindig het, Virné Vorster op Fiesta tweede en Diana Opperman op Wonderboy derde.

In die vlak 1-afdeling het Clarissa Olckers op Atilla Scoobe gewen, terwyl Bianca van Vuuren op Glans tweede geëindig het en Cobus Uys op Levar derde.

Wilru de Vries op Spice Gold het die vlak 2-afdeling gewen, terwyl Mia van Aardt op Lava Girl tweede geëindig het en Anke Bezuidenhout op Blits derde.

Sieghard Muller op Drift het die vlak 3-afdeling gewen.Gamay Tromp op Knock-Knock het tweede geëindig en Nicky Doyer op Arkab Oplaas derde.

In die vlak 4-afdeling was Melissa Olivier op Scooby Doo Too die wenner. Tilanie Groenewald op Gold Dust het tweede geëindig en Elri de Jager op Lake Albert was derde.

 

Exit mobile version