Houte klap by Hoëveld-rolbalkampioenskap

Beide Nel en Jonker het al drie hul uitspeel-wedstryde op Saterdag gewen en Sondag 'n voltal van ses uit ses behaal.

SECUNDA – Die Sasol Secunda Rolbalklub het vanjaar die Hoëveld-enkelkampioenskappe oorheers.

Lanie Nel het die naweek die titel as ope-kampioen vir die vierde agtereenvolgende jaar opgeraap op die mans-enkelkampioenskap wat op 17 en 18 April op Secunda beslis is.

Frits Ohlmesdal van Ermelo is tweede.Jimmy Holloway was derde en Marius Labuschagne vierde.

Albei is van Secunda. Koos Jonker, ook van Secunda, is die senior-manswenner, met Standerton se Willie Schneider in die tweede plek en

Secunda se Phil Dawe en Lappies Labuschagne in derde en vierde plek.

Beide Nel en Jonker het al drie hul uitspeel-wedstryde op Saterdag gewen en Sondag ‘n voltal van ses uit ses behaal.

Nel het vir Ohlmesdal met 21-3 in die eindstryd geklop.

Jonker het vir Schneider met 21-19 geklop.

Die novice-afdeling is deur Ronnie van Wyk van Ermelo gewen.

Marco Oelofsen van Standerton is tweede.

Sasol Secunda se Elmarie Weilbach het die vroue-enkelkampioenskap gewen met Betsie Bornman, ook van Secunda, in die tweede plek.

Kotie van der Sandt van Secunda is die kampioen in senior vroue-afdeling.

Kotie van der Sandt van Secunda is die Hoëveld-kampioen in die senior vroue-afdeling.

Dié toernooi is op 10 en 11 April gespeel.

Joey Klopper, Gwen Walters en Alta Schneider, almal van Ermelo, was onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

Die Ermeloërs se Nicolene Griffiths het die novice-afdeling gewen.

Dié spelers sal op 8 en 9 Mei aan van die Mpumalanga-wes-enkelskampioenskap deelneem.

Die ope-kampioenskapwedstryde word op Ermelo gespeel, die senior-kampioenskap op Secunda en die novice-kampioenskap op Witbank.

Lappies Labuschagne van Sasol Secunda.
Lanie Nel (Sasol Secunda) is die wenner van die ope-afdeling en Fritz Ohlmesdal (Ermelo) is tweede. (Foto: Verskaf)
Elmarie Weilbach is die vrouekampioen van die Hoëveld-enkelrolbalkampioenskap. (Foto: Verskaf)
Willie Schneider (Standerton) is tweede en Koos Jonker (Sasol Secunda) eerste in die senior-afdeling. (Foto: Verskaf)

Kliek hier vir meer foto’s

Exit mobile version