Local sportSport

Jannie Degenaar en Reney Raven van Standerton ontvang medaljes by karatekampioenskap

Degenaar het ’n brons medalje otvang en Raven ’n goue in hul onderskeie afdelings.

Jannie Degenaar en Reney Raven van die Skisa Three Swords Karateklub op Standerton het deelgeneem aan die Nasionale Senior en Elite Alle Style Karatekampioenskap die afgelope naweek.

Slegs bruin en swart gordels kon inskryf vir dié kampioenskap wat deur Karate Suid-Afrika Mpumalanga aangebied is.

Dit het in die Sasol Ontspanningsentrum in eMbahlenhle vanaf 20 tot 21 Maart plaasgevind.

Degenaar het ‘n brons medalje ontvang en Raven ‘n goue in hul onderskeie afdelings.

Geen toeskouers is toegelaat nie en uiters streng Covid- 19-regulasies is deurentyd toegepas. Karate Suid-Afrika het Degenaar as die hoof

Covid-beampte vir die toernooi aangestel.

Reney Raven in aksie by die kampioenskap. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button