Gert wen Bethal Gholfklub se kampioenskap

Van der Merwe het oor die eerste 18 putjies 63 houe gespeel, nege onder baansyfer. Oor die tweede 18 putjies het hy 77 gespeel, vyf houe oor baansyfer.

BETHAL – Gert van der Merwe het Saterdag stof in sy mededingers se oë geskop toe hy Bethal Gholfklub se kampioenskap gewen het.

Hy het 140 houe oor 36 putjies aangeteken, vier houe onder baansyfer.

Van der Merwe het oor die eerste 18 putjies 63 houe gespeel, nege onder baansyfer. Oor die tweede 18 putjies het hy 77 gespeel, vyf houe oor baansyfer.

Janu Fourie het hard probeer, maar kon slegs die tweede plek inneem met sy 147 houe.

Spies Fourie met 166 houe het die B-afdeling gewen, met Nico van Vuuren (190) die wenner van die C-afdeling.

Die beste netto vir die oggend is gespeel deur Danie Malan (73).

Arrie van Huyssteen het die prys ontvang vir die beste netto vir die middag met sy 67.

Fransois Berry het die prys ontvang vir die beste verbetering vir die oggend vs middag-netto.

Exit mobile version