Local sportSport

Skuts van Standerton wedywer by takskietkompetisie

By die vroue was Helen Ellis onoorwonne met 34.02, gevolg deur Elri Bester met 30.1 en Laurenza Visagie met 27.0.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 13 Maart ‘n takskietkompetisie aangebied.

Die uitslae in die onderskeie afdelings is soos volg:

Stoffel Bester het in die rooi ribbok-tabel eerste met 270.06 geëindig, gevolg deur Lourens Buys met 240.05 en Iwan Lues met 230.02.

By die vroue het Carla Lues se 210.02 aan haar die eerste plek besorg, terwyl Elri Bester met 200.02 tweede was en Annatjie Buys met 180.01 derde.

By die juniors was Jaco Booysen eerste met 220.01 en Corrie Visagie tweede met 200.04.

Stoffel Bester het ook in die rooibok-sonder-rus-tabel eerste met 44.05 geëindig, terwyl Jaco Booysen tweede was met 41.02 en Iwan Lues derde 40.01.

By die vroue was Helen Ellis onoorwonne met 34.02, gevolg deur Elri Bester met 30.1 en Laurenza Visagie met 27.0.

By die juniors het Jaco Booysen weer eens die eerste plek behaal met 30.02, gevolg deur Corrie Visagie met 27.01.

By die super juniors (met stokke) was Meeding Eksteen eerste met 40.2 en Arrie Eksteen tweede met 19.

Johan Geldenhuys het in die kransduif-haelgeweer-tabel met 13/15 geseëvier, gevolg deur Jako Steenkamp met 12/15 en Corrie Visagie met10/15.

Frikkie Eksteen was onoorwonne by die semi-outo-tabel met 97.02, terwyl Johan Geldenhuys tweede was met 87 en Jako Steenkamp derde met 84.

By die vroue het Laurenza Visagie die eerste plek met 40 behaal en Elri Bester die tweede plek met 30.

By die juniors het Corrie Visagie eerste met 66 geëindig, gevolg deur Jaco Booysen met 63 en Arrie Eksteen met 41.

Iwan Lues het in die buffel-tabel met 23 geseëvier, gevolg deur Stoffel Bester met 23 en Pieter van Vuuren met 22.

By die vroue het Helen Ellis se 16 aan haar die eerste plek besorg, terwyl Annatjie Buys tweede was met 2 en Marie Beukes derde met -6.

By die juniors het Jaco Booysen die eerste plek met 16 behaal.

Die tak het die militêre veterane bedank wat kos en drinkgoed op die baan voorsien het, asook Jako Steenkamp, Iwan Lues, Stoffel Bester, Elri Bester, Helen Ellis, Herrie Beukes, Corrie Visagie en Carla Lues vir hul bystand.

Edelvalk-tak se volgende skietdag is op 10 April en ‘n ghongskietdag vind op 1 Mei by Höningvallei plaas.

Riaan Booysen, Jaco Booysen (jr.) en Jaco Booysen (sr.) maak gereed om te skiet. (Foto: Verskaf)

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button