Local sportSport

Edelvalk-tak se skuts vaar heel goed by intertakskietkompetisie

Die wenspan, Diver rams het 3150.48 punte aangeteken, gevolg deur die Springbokspan A met 3090.44 en Edelvalk se Blouwildebeesspan met 3060.44.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 23 Januarie ‘n intertakskietkompetisie aangebied en algeheel derde geëindig.

Van die skuts wat presteer het, is Stoffel Bester wat die algehele tweede plek behaal het, Laurenza Visagie vir die vroue die derde plek, Evert Genis vir die veterane die eerste plek en Helen Ellis die derde plek, en Xander Bailey vir die juniors die eerste plek.

Onder die top 20 skuts het Stoffel Bester ingeskuif op tweede op die ranglys, Neil Extreme vyfde, Jaco Booysen sesde en Xander Bailey 14de.

Die klub het Wynand Ferreira, Harry Beukes, Christo Bailey, Wynand Malherbe en Charl, sowel as Carla Lues vir hul hulp bedank.

Die wenspan, Diver Rams het 3150.48 punte aangeteken, gevolg deur die Springbokspan A met 3090.44 en Edelvalk se Blouwildebeesspan met 3060.44.

Topskuts was PJ Huyser met 700.14, Stoffel Bester met 690.15 en AL van Lingen met 690.14.

Vir die vroue het M. Black eerste met 510.05 geëindig, G. Serfontein met 500.07 tweede en Laurenza Visagie met 470.05 derde.

Vir die veterane het Evert Genis 540.06 behaal, gevolg deur HS de Beer met 490.07 en Helen Ellis met 480.05.

Xander Bailey het vir die juniors 620.08 aangeteken, DJ Viljoen 520.06 en Corrie Visagie 440.05.

Related Articles

Back to top button