SECUNDA – Jannie van der Schyff het ‘n kneuwel van ‘n baber tydens die Lekker Hengel Sosiale Klub se November-kompetisie vasgekap.
Dié bielie het 7,165kg geweeg.
Die kompetisie het het vanaf 27 tot 29 November by Chrissiesmeer plaasgevind. Jan Smit het die karp van 3,675kg uitgetrek.
Die 36 hengelaars het saam 266 vis met ‘n totale gewig van 223,78kg gevang.