Standerton Trapklub en Kalies bied pretrit aan

Registrasie het reeds om 5nm begin vir die wegspring wat kort na 6nm geskied het.

‘n ‘Noon to Moon’-pretrit het op Vrydag 11 Desember by Laerskool Kalie de Haas plaasgevind, met AC Swannepoel en Bianca Cooper wat onderskeidelik vir die mans en vroue die meeste rondtes afgelê het.

Swanepoel het 80 rondtes voltooi, 104km en Cooper 73 rondtes, 94.9km.

Die span van Zonop, bestaande uit Manie Zwarts, Wiekie Zwarts, WJ Smith, Nicoline Smith, Kobus van den Berg en Ethel van den Berg het 64 rondtes voltooi.

Standerton Trapklub en die laerskool het dié geleentheid gereël. Registrasie het reeds om 5nm begin vir die wegspring wat kort na 6nm geskied het.

Gesinne en belangstellendes het kampstoele saamgebring om jonk en oud dop te hou.

Francois Streicher, klubvoorsitter, het kortliks aanwysings en instruksies vir die 1,3km-roete gegee.

John James het in die eerste rondte voor gery sodat fietsryers hul vertroud kon maak met die roete.

Deelnemers kon na die tyd hulle nommers vir medaljes inruil. Pryse was ook op die spel vir die wenner en naaswenner in die mans- en vroue-afdeling.

“Daar is ook iets vir al die kinders wat deelgeneem het,” het Streicher gesê.

Exit mobile version