Local sportSport

Hengelaars trek saam om visse vas te kap

Wat die penkopafdeling aanbetref, het Ty Mortlock met 13 visse van 7.922kg eerste geëndig, gevolg deur HJ van Loggenberg met vier visse van 2.090kg en Johanco vd Merwe met vier visse van 1.808kg.

Meyerville Hengelklub het die naweek van 11 Desember ‘n kompetisie by die klubwater aangebied, waar 65 hengelaars, waarvan 14 besoekers, 541 visse van 351.558kg vasgekap het.

Die vis van die dag het aan die swaarste sak geelvis gegaan.

In die meestersafdeling het Carel Lombard eerste geëindig met 27 visse van 15.269kg, gevolg deur Pikkie Gleeson met 16 visse van 12.840kg en Pikkie Petzer met 15 visse van 7.896kg.

Die vis van die dag het aan Johan Kruger gegaan. In die seniorafdeling het Danny Bosman met 35 visse van 38.908kg geseëvier, terwyl Shawn Munro met 46 visse van 27.328kg tweede was en Richard Hills met 32 visse van 16.945kg derde.

Johan van Wyngaard het die vis van dag aan wal gebring. Lethica Human was onoorwonne in die vroue-afdeling met 34 visse van 18.331kg, gevolg deur Zandele Radebe met 17 visse van 14.706kg en Louise van Vuuren met 17 visse van 13.840kg.

Die vis van die dag het aan Elize Potgieter gegaan. In die juniorafdeling het Ruan van Zyl sy teenstanders uitgestof met 12 visse van 6.397kg, terwyl JT Pretorius met ses visse van 8.881kg die tweede plek behaal het en Xander Bailey met sewe visse van 2.990kg, die derde plek.

Ruan het ook die vis van die dag inkatrol. Wat die penkopafdeling aanbetref, het Ty Mortlock met 13 visse van 7.922kg eerste geëndig, gevolg deur HJ van Loggenberg met vier visse van 2.090kg en Johanco vd Merwe met vier visse van 1.808kg.

Mortlock het die vis van die dag gevang.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button