Local sportSport

Laerskool Secunda bied tweede ‘Survivor’-dag aan

Skool beplan beter en groter ‘Survivor’-dag vir 2021.

SECUNDA – Laerskool Secunda het in samewerking met National Cars het op Saterdag, 28 November hul tweede amptelike pa en seun ‘survivor’-dag aangebied.

Mnr. Paul van den Berg, verhoudings- en reklamebestuurder by Laerskool Secunda, het gesê dié unieke dag gee aan pa’s en seuns die geleentheid om as ‘n span saam die ‘survivor’-bane aan te durf.

Past. Werner Joubert, voormalige deelnemer aan die werklikheidsreeks op MNet, Survivor South Africa, het die bane ontwerp.

“Dié geleentheid was nie net uitdagend nie, maar het ook aan pa en seun die kans gegee om kosbare herinneringe te bou,” het mnr. Van den Berg gesê.

Hy het namens Laerskool Secunda die rolspelers wat past. Joubert, National Cars, Supa Quick Secunda, Fireplace Roadhouse, Sasol-vulstasies en TWK Agri bedank, asook al die pa’s en seuns wat deelgeneem het.

“Kyk uit vir ‘n groter en beter Survivor in 2021.”

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button