SECUNDA – Chris van Niekerk, Eric du Toit, Francois Pretorius en Paul Bruwer het Laerskool Secunda se gholfdag wat op Saterdag, 7 November by Graceland Hotel, Casino en Buitelugklub plaasgevind het, gewen.
Dié vier gholfspelers het 116 punte aangeteken.
Dié gholfdag is ten bate van Laerskool Secunda se Covid-19-herstelfonds aangebied.
Vodacom en Fireplace Roadhouse was die hoofborge vir die dag en Laerskool Secunda het die ATKV die geleentheid gegee om op dié dag hul bewusmaking van prostaatkanker te bemark deur borsspelde te verkoop.
Dié borsspelde sal gedurende die res van die maand steeds beskikbaar wees.
Die ander gholfspelers wat Saterdag goed gespeel het, was Hanco Nel en F Reppard wat pryse vir naaste aan die pen gekry het en Janu Fourie wat die langste dryfhou geslaan het.