Local sportSport

Vier wen Laerskool Secunda se gholfdag

Dié span het 116 punte aangeteken.

SECUNDA – Chris van Niekerk, Eric du Toit, Francois Pretorius en Paul Bruwer het Laerskool Secunda se gholfdag wat op Saterdag, 7 November by Graceland Hotel, Casino en Buitelugklub plaasgevind het, gewen.

Dié vier gholfspelers het 116 punte aangeteken.

Dié gholfdag is ten bate van Laerskool Secunda se Covid-19-herstelfonds aangebied.

Vodacom en Fireplace Roadhouse was die hoofborge vir die dag en Laerskool Secunda het die ATKV die geleentheid gegee om op dié dag hul bewusmaking van prostaatkanker te bemark deur borsspelde te verkoop.

Dié borsspelde sal gedurende die res van die maand steeds beskikbaar wees.

Die ander gholfspelers wat Saterdag goed gespeel het, was Hanco Nel en F Reppard wat pryse vir naaste aan die pen gekry het en Janu Fourie wat die langste dryfhou geslaan het.

Jannie Pretorius in aksie op Saterdag, 7 November tydens die ATKV se gholfdag by Graceland Hotel, Casino en Buitelugklub.
Peet van Zyl in aksie op Saterdag, 7 November.
Christopher Smith neem op Saterdag, 7 November aan Laerskool Secunda se gholfdag deel. Hy is onlangs as een van die beste gholfspelers in sy ouderdomsgroep aangewys.
Die ATKV vrywilligers en bestuur is me. Tracey van Wyk, me. Laurika Steenkamp, mnr. Marius Bissett, me. Moira van Staden, mnr. Werdich Smit en me. Magon Mouton van ATKV se hoofkantoor.
Mnr. Werdich Smit en me. Magan Mouton van die ATKV oorhandig pryse wat aan die wenners geskenk is aan mnr. Paul van den Berg, reklamebestuurder van Laerskool Secunda op Saterdag, 7 November by Laerskool Secunda se gholfdag by Graceland Hotel, Casino en Buitelugklub.

Related Articles

Back to top button