Local sportSport

Colin Munro en sy span seëvier by rolbaldag op Standerton

Altesaam 42 spelers het om 8.30vm begin en na die eerste ronde is ’n trekking gehou, sodat die sterktes teen die sterktes kon kragte meet.

Standerton Rolbalklub het op Saterdag 17 Oktober hul Superspar-geborgde dag aangebied met die span van Colin Munro van Standerton en twee Ermelo-spelers, Fritz Olmesdahl en Joey Klopper, wat die septer geswaai het.

Piet de Klerk, en André en Annatjie de Bruto van Standerton het die tweede plek behaal, terwyl Sasol Secunda derde geëindig het.

Spanne van Vrede, Bethlehem, Frankfort, Bethal, Groblersdal, Secunda, Ermelo en Standerton het mekaar die stryd aangesê waar 12 koppe met drie spelers in ‘n span houte gerol het.

Jaco van Straaten (Groblersdal) op Saterdag 17 Oktober.

Die dag is onderhewig aan Covid-19 regulasies gehou en daar kon sonder maskers gespeel word.

Teen teetyd het die spelers lafenis in die klubhuis opgesoek en die telkaartjies aan Charmaine Smith oorhandig.

Altesaam 42 spelers het om 8.30vm begin en na die eerste ronde is ‘n trekking gehou, sodat die sterktes teen die sterktes kon kragte meet. ‘n Loting van ‘n ‘hamper’, propvol wyn, brandewyn, koskoepons, kontant, droë vrugte en konfyt, is ook gehou.

’n Speler (Senekal) lewer af met Tonie Scholtz (Vrede) wat toekyk.

Die president van die Mpumalanga Rolbalvereniging, mnr. Jaco van Straaten, was ook teenwoordig om sy slag te wys.

Die klub het hul waardering teenoor Superspar uitgespreek, wat die dag moontlik gemaak het.

Kliek hier vir meer foto’s

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button