13-jarige verspringer van Secunda wil nog vér vorder met atletiek

Sy het al talle medaljes ingeryg by atletiekbyeenkomste, insluitende die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap.

SECUNDA – Matshidiso Makgato (13) van die Speedsters Atletiekklub, staan tans eerste in haar ouderdomsgroep in Suid-Afrika in 75m hekkies, tweede in verspring en onder die top 10 atlete in 100m.

Sy het al talle medaljes ingeryg by atletiekbyeenkomste, insluitende die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap.

Matshidiso was 10 jaar oud toe sy begin verspring het en haar pa, mnr. Thabo Makgato, het haar destyds afgerig. Hy het aan die 400m deelgeneem en uitgeblink.

Deesdae rig me. Janine Fauhla, (afrigter en biokinetikus) van Speedsters Atletiekklub haar af.

Matshidiso wou al van kleins af begin met atletiek en atletiek vloei ook sterk in haar oupa, mnr. Peter Makgato, se are. Hy is by Mpumalanga Atletiek betrokke en was self ‘n kranige hekkiesatleet toe hy jonger was.

Matshidiso het toe sy 10 was, vir die eerste keer aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekkampioenskap deelgeneem en ‘n goue medalje verower.

Sy was sewe jaar oud toe sy vir die eerste keer aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap deelgeneem het.

Matshidiso oefen ses keer weekliks en neem graag aan redenaarskompetisies deel as sy die kans kry. Sy speel ook hokkie en netbal.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version