Local sportSport

Nico wil senior Stoeier van die Jaar word

Die bestuur van Secunda Stoeiklub het die gemeenskap aangemoedig om vir Van den Berg te stem.

SECUNDA – Nico van den Berg, afrigter en stoeier van Secunda Stoeiklub, is gekies as finalis vir Mpumalanga Sportunie se Senior Sportman van die Jaar.

Die gemeenskap kan vir hom stem deur die woord MPSA2022 te SMS na 41539.

Mense kan stem soveel as wat hulle wil en ’n SMS kos R2.

Die kompetisie sluit op 20 September.

Die bestuur van Secunda Stoeiklub het die gemeenskap aangemoedig om vir Van den Berg te stem.

Vir meer inligtig, besoek die unie se Instagram-profiel by mpumalangasportsawards of hul Facebook-blad by Mpumalanga Sports Awards of hul Twitter-blad by @MpumalangaA

Van den Berg stoei al sedert sy jongdae by Secunda Stoeiklub en het deur die jare verskeie trofees en medaljes ingeryg.

Hy het ook al verskeie kere oorsee gereis om Suid-Afrika te verteenwoordig in stoeikampioenskappe en is verskeie kere as die Suid-Afrikaanse Stoeikampioen aangewys.

Hy is ’n oud-leerder aan Hoërskool Evander en is steeds ’n afrigter, skeidsregter en stoeier by Secunda Stoeiklub.

Sy ouers en grootouers is ook by die stoeiklub betrokke.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button