Local sportSchool sportSport

JP Nel neem leisels oor as nuwe krieketafrigter by Hoërskool Oosterland

Skool wag vir dat inperking om te lig sodat krieketkliniek weer kan begin

SECUNDA – Hoërskool Oosterland het onlangs ‘n nuwe krieketafrigter, mnr. JP Nel, aangestel.

Sodra die inperkingstyd gelig word na ‘n fase waar krieketafrigting weer kan begin, sal mnr. Nel by die daaglikse krieketkliniek by Oosterland betrokke wees.

Die grootste deel van mnr. Nel se krieketagtergrond het in Gauteng afgespeel. Hy het reeds op skool klubkrieket in die Premiersliga se A-span as kolwer en bouler gespeel.

Hy is vir die Wes-Randse krieketspan gekies en het later tydens sy studentejare op Pukke (Universiteit van die Noordwes), koshuiskrieket gespeel, asook vir die NWU Pukke-krieketspan.

Nadat hy sy graad in onderwys voltooi het, het hy in Gauteng begin skoolhou en krieket afgerig.

Hy het in skole waar daar in drie jaar geen krieket aangebied is nie, ‘n liefde vir krieket onder die leerders gekweek en verskeie krieketspanne op die been gebring.

Sy visie as die nuwe afrigter en krieketorganiseerder vir Hoërskool Oosterland, is om elke krieketspeler nie net op die krieketveld te verbeter nie, maar ook van die veld af.

“Respek en dissipline is waardevolle eienskappe wat ek in al my spelers wil inburger,” het mnr. Nel gesê.

Volgens mnr. Nel, word Oosterland as een van die beste krieket-skole in die distrik beskou. Oosterland het al vir ‘n geruime tyd gehalte-krieketafrigters en ‘n -krieketakademie waar opleiding gegee word.

Volgens me. Liné de Vries, die skool se skakelbeampte, is daar nabetragtingsessies om elke kind te verbeter en kliniekure waarin persoonlike ontwikkeling geskied.

“Krieket by Oosterland is nie meer ‘n sport nie, maar vorm deel van ‘n positiewe inset sotdat elke speler sy potensiaal kan bereik,” het me. De Vries gesê.

Vir meer inligting, skakel die skool by 017 631 1091 of stuur ‘n e-pos na bemarking@oosterland.co.za.

Related Articles

Back to top button