School sportSport

Hoërskool Secunda se spanne vaar uitstekend in wintersport

Al Hoërskool Secunda se rugby- en hokkiespanne wen hul wedstryde

SECUNDA – Hoërskool Secunda het op Saterdag, 14 Maart op hul tuisveld met Hoërskool Wonderboom kragte gemeet en Hoërskool Secunda se rugby- en hokkiespanne het al hul wedstryde gewen.

Hul netbalspanne het net so goed gevaar.

Hoërskool Secunda se eerste rugbyspan se wentelling was 52-13, die tweedespan s’n was 15-0, die 0/16A-span s’n was 7-3, die 0/16B-span s’n was 41-0, die 0/15A-span s’n was 47-5, die 0/15B-span s’n was 72-0, die 0/14A-span s’n was 56-0 en die 0/14B-span s’n was 43-12.

Die eerste hokkiespan se wentelling was 3-0, die tweedespan s’n was 4-0, die 0/15-span s’n was 8-0 asook die 0/14-span s’n.

Hoërskool Secunda se netbalspanne het ook goed gevaar en die eerstespan het met 35-14 gewen, die 0/16A-span met 27-20, die 0/16B-span het gelykop gespeel met 11 elk en die 0/16C-span het verloor met 3-23.

Hoërskool Secunda se 0/15A-span het gewen met 31-5, die 0/15B-span met 25-8, die 0/15C-span met 35-5, die 0/14A-span met 30-11, die 0/14B-span met 35-3 en die 0/14C-span met 22-3.

Carla Vermaas van Hoërskool Secunda se eerste hokkiespan hardloop op Saterdag, 14 Maart vir balbesit tydens hul wedstryd teen Hoërskool Wonderboom. (Foto: Liesl Pretroius).
Zac Loock van Hoërskool Secunda se 0/14A-span laat loop met die bal op Saterdag, 14 Maart. (Foto: Liesl Pretorius).

 

Related Articles

Back to top button