Local sportSport

Sasol 1 wen teen eMbalenhle Krieketklub

Sasol 1 het as wenners van die Neil Parsons Gert Sibande Premiersliga uitgetree en speel eerskomende Sondag tuis teen Nelspruit in die halfeindronde van die Mpumalanga Premiersliga. Die Sasol Griffons speel ook eerskomende Saterdag tuis teen die Newbies van Middelburg in die Mpumalanga Promosie-liga se halfeindronde.

SECUNDA – Sasol Secunda Krieketklub se eerstespan het op Saterdag, 29 Februarie tuis met eMbalenhle Krieketklub met 199 lopies geklop.

Sasol 1 het besluit om eerste te kolf en het 275 lopies aangeteken.

George Louw van Sasol 1 het 91 lopies aangeteken, Colin van Staden 64 en Pieter Vrolijk 52.

Sasol 1 het eMbalenhle vir 75 lopies uitgeboul. Louw het vier van eMbelanhle se paaltjies laat kantel. Sasol 2 het op Sondag, 1 Maart met Piet Retief kragte gemeet en in die stof gebyt.

Piet Retief het Sasol 2 met 150 lopies geklop.

Stefan Grobler en Vernon Fourie was Sasol 2 se beste kolwers en het onderskeidelik 40 en 38 lopies aangeteken.

Sasol 1 het op Sondag, 1 Maart teen Standerton op Standerton gespeel en hulle met 158 lopies geklop.

Sasol 1 het weer eens eerste gekolf en die beste kolwers was Van Staden wat 70 lopies aangeteken het en Louw wat 56 aangeteken het.

Die beste boulers vir die dag was Ignus Koekemoer en Kobus West wat elk drie paaltjies laat kantel het.

Sasol 1 het as wenners van die Neil Parsons Gert Sibande Premiersliga uitgetree en speel eerskomende Sondag tuis teen Nelspruit in die halfeindronde van die Mpumalanga Premiersliga.

Die Sasol Griffons speel ook eerskomende Saterdag tuis teen die Newbies van Middelburg in die Mpumalanga Promosie-liga se halfeindronde.

Related Articles

Back to top button