School sportSport

Hoërskool Secunda wen meeste wedstryde op hul tuisveld

Secunda se netbalspanne het Dinsdag teen Hoërskool Hugenote net een wedstryd verloor.

SECUNDA – Hoërskool Secunda het verlede week behoorlik uitgeblink op die sportveld toe hul netbalspanne op Dinsdag, 25 Februarie en Saterdag 29 Februarie teen Hoërskool Hartbeespoort, Hoërskool Evander en Curro uitgeblink het.

Secunda se netbalspanne het Dinsdag net een wedstryd teen Hoërskool Hugenote verloor.

Hulle eerstespan het gewen met 33-9, die 0/17-span met 17-9, die 0/16-span met 23-6, die 0/14-span met 26-8 en die 0/15-span het verloor met 16-18.

Die netbalwedstryde wat Hoërskool Secunda op Saterdag, 29 Februarie teen Hoërskool Hartbeespoort gespeel het, was deel van die NWU-Superreeks en al hul spanne het hul wedstryde gewen.

Die eerstespan se wentelling was 42-16, die tweedespan s’n was 17-15, die 0/17A-span se telling was 14-10, die 0/16A-span s’n was 36-8, die 0/16B-span s’n was 30-5, die 0/15A-span s’n was 24-5, die 0/15B-span s’n was 27-5, die 0/14A-span s’n was 50-5 en die 0/14B-span s’n was 39-0.

Spelers van Hoërskool Secunda en Hoërskool Hartbeespoort se tweede netbalspanne in aksie op die baan op Saterdag, 29 Februarie.

Hoërskool Secunda se hokkiespanne het op Dinsdag, 25 Februarie een wedstryd gewen, in twee gelykop gespeel en een verloor.

Secunda se 0/15-hokkiespan het Hoërskool Hugenote met 6-1 geklop, terwyl hul 0/14-span en eerstespan gelykop gespeel het met 0-0 en 1-1 onderskeidelik en die 0/16-hokkiespan met 0-2 verloor het.

Secunda se hokkiespanne het op Saterdag, 29 Februarie harder baklei vir die bal en al hul wedstryde gewen.

Die eerstespan se telling was 2-1, die 0/16-span s’n 7-0, die 0/15-span s’n 8-0 en die 0/14-span s’n 6-0.

Lie-Chaen Muller an Hoërskool Secunda se 0/15A-rugbyspan druk ¹n drie op Saterdag, 29 Februarie.

Hoërskool Secunda se rugbyspanne het net een wedstryd verloor. Die eerstespan het teen Hartbeespoort gespeel en hulle wentelling was 28-8. Die tweedespan het ook teen Hartbeespoort gespeel en hulle geklop met 31-0.

Hoërskool Secunda se 0/16A-rugbyspan het ook teen Hartbeespoort gespeel en hulle met ‘n telling van 40-7 geklop.

Die 0/16B-span het teen Hoërskool Evander gespeel en hulle met ‘n telling van 12-7 geklop.

Hoërskool Secunda se 0/15A-span het teen Hartbeespoort gespeel en hulle geklop met ‘n telling van 57-5 terwyl die B-span teen Curro gespeel het en hulle met 45-0 geklop het.

Secunda se 0/14A-span het hul rugbywedstryd teen Hartbeespoort gewen met 45-0 en die B-span het teen Hoërskool Evander verloor met ‘n telling van 7-38.

Ettienne Pretorius van Hoërskool Secunda se tweede rugbyspan druk ’n drie. (Foto: Liesl Pretorius).

Related Articles

Back to top button