School sportSport

Atlete van LSOB-skole ding mee by interhoër op Standerton

Die hoof van Hoërskool George Hofmeyr, me. Magda Kriel, het die verwelkoming behartig en daarna is die sportbelofte gedoen.

Die LSOB-interhoër vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes het op Woensdag 26 Februarie by die stadion van Hoërskool Standerton plaasgevind.

Busse in Bergstraat was ‘n aanduiding van die teenwoordigheid van Hoërskool George Hofmeyr, Jim van Tonderskool op Bethal, WH de Klerk Skool in eMalahleni (Witbank), Platorand Skool op Belfast en Ethokomalo Skool op Kinross.

Atlete het aan verskeie baan- en velditems deelgeneem wisselend van die 200m, 300m, 800m, 5 000m, aflosse tot by verspring, hoogspring, spiesgooi en gewigstoot.

Die hoof van Hoërskool George Hofmeyr, me. Magda Kriel, het die verwelkoming behartig en daarna is die sportbelofte gedoen.

Wenners is aangekondig wat na die podium toe gestap het. WH de Klerk Skool het algeheel eerste geëindig, Jim van Tonderskool tweede en die Georgies het die derde plek behaal.

‘n Atleet maar gereed om die gewig uit sy hande te laat gaan, terwyl ander atlete noukeurig toekyk.
Op pad na die eindstreep op Woensdag 26 Februarie by Hoërskool Standerton.
’n Atleet in volle vaart op Wioensdag 26 Februarie by die LSOB-interhoër by Hoërskool Standerton.

Related Articles

Back to top button