SHS behaal tweede plek by interhoër

Daar het niks met SHS se gees geskort nie, waarvan die Geesbeker getuig, en hul dirigente, wat nie ’n voetjie verkeerd gesit het nie, is as die beste aangewys.

Hoërskool Standerton het op Saterdag 15 Februarie aan die TWK Hoëveld Interhoër op Piet Retief deelgeneem en ‘n algehele tweede plek behaal met buurdorp, Secunda, wat hulle uitgestof het.

Atlete van hoërskole op Volksrust, eMalahleni (Witbank), Bethal, Middelburg en Vryheid het meegeding.

Daar het niks met SHS se gees geskort nie, waarvan die Geesbeker getuig, en hul dirigente wat nie ‘n voetjie verkeerd gesit het nie, is as die beste aangewys.

Nodeloos om te sê was daar uitblinkers.

Zandré van Wyk het die D0/17-driesprongrekord verbeter en Teninke van Niekerk sowel die D0/14-100m as -200m rekords.

Teninke is ook as die beste juniorhekkiedogter en juniornaellopedogter, sowel as die Junior Victrix Ludorum aangewys. Zandré is as Senior Victrix Ludorum aangewys, Louw de Wet as Senior Victor Ludorum en Quein Joubert as Junior Victor Ludorum.

Kristin Nortjé (kaptein: SHS) het aan die 100m, 200m, verspring en driesprong deelgeneem.
Zandré van Wyk van Hoërskool Standerton is as die Senior Victrix Ludorum aangewys.
Teninke van Niekerk van Hoërskool Standerton is as Junior Victrix Ludorum aangewys.
Die seunsaflosspan by die interhoër het bestaan uit Siabonga Sibeko, JP Crumplin, Rikus du Plessis en Thabang Mofokeng.
Ané Prinsloo, Danika Steyn, Naledi Mokoena en Teninke van Niekerk het by die interhoër in die D0/14-afdelings meegeding.
Louw de Wet, Quein Joubert, Zandré van Wyk en Teninke van Niekerk is na die interhoër as Hoërskool Standerton se Senior en Junior Victor en Victrix Ludorums aangewys.
Exit mobile version