School sportSport

Hoërskole meet kragte in interhoër atletiekbyeenkoms op Piet Retief

Standerton wen geesbeker

SECUNDA – Hoërskool Secunda het op Saterdag, 15 Februarie, vir die sesde agtereenvolgende jaar die Interhoër-atletiekbyeenkoms gewen.

Dié byeenkoms het vanjaar by Hoërskool Piet Reteif plaasgevind en beide Hoërskool Secunda se seuns- en dogtersatletiekspanne het die beste vir die dag presteer.

Hoërskool Standerton se atletiekspan het tweede geëindig en Hoërskool Piet Retief derde.

Die ander skole wat deelgeneem het, is Hoërskool Volksrust, Hoërskool Generaal Hertzog, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Kanonkop en Hoërskool Pionier.

Hoërskool Standerton het met die trofeë vir die beste aankoms van dirigente, beste dirigentespan en geesbeker weggestap, terwyl Hoërskool Secunda derde in die stryd vir die geesbeker geëindig het.

Die atlete van Hoërskool Secunda wat trofeë onvang het, is Jessica van den Berg (beste worpe: juniordogter), Siyanda Mkonza (beste spronge: juniorseun en beste junior seunsnaellope-atleet), Nika Thomas (beste middel – en langafstand-juniordogter), Michelle Parks (beste middel – en langafstand-seniordogter) en Nkanyiso Mahiteng (junior Victor Ludorum).

Me. Magriet Pieterse, skakelbeampte van Hoërskool Secunda, het al die atlete en afrigter geluk gewens en Hoërskool Piet Retief bedank en geluk gewens met puik reëlings en ‘n pragtige atletiekdag.

Nika Thomas van Hoërskool Secunda het ’n trofee ontvang vir beste juniordoter in lang-en middelafstande (Foto: Liesl Pretorius.)
Siyanda Mkonza van Hoërskool Secunda het trofeë gewen vir die beste juniorseun in spronge en naellope. (Foto: Liesl Pretorius).
Lize le Roux (dirigent van Hoërskool Secunda) se geesvangspan in aksie Saterdag tydens die Interhoër-atletiekbyeenkoms.

Related Articles

Back to top button