Secunda-atlete maak skoonskip op Delmas
Leerders ryg medaljes in by atletiekbyeenkoms
SECUNDA – Hoërskool Secunda se atlete het op Vrydag 7 Februarie by ’n atletiekbyeenkoms op Delmas presteer en nuwe rekords opgestel.
Nkanyiso Mashiteng het ’n goue medalje in die 100m-naellope vir S0/14 gewen en het ook ’n nuwe rekord in 200m vir S0/14 opgestel.
Brink le Grange het tweede plekke in 100m, 200m en verspring vir S0/14 behaal.
Suné Stander was derde in 100m-naellope vir D0/15.
Siyanda Mkanza het ’n nuwe rekord in verspring vir S0/15 opgestel en het ook eerste plekke in die 100m- en 200m-naellope behaal.
Liedard Smith het die 100m-naellope vir S0/16 gewen, Ronnie Tshabalala was eerste in verspring vir S0/17 en tweede in 100m-naellope en Hado Cloete het ’n derde plek in 100m-naellope vir S0/17 behaal.
Owama Malope het die 200m-naellope vir S0/16 gewen, Oratile Molaba het die 200m-naellope vir D0/17gewen, Nika Thomas het die 800m-wedloop vir D0/14 gewen en Liane Parks die 800m-wedloop vir D0/15.
Liane het ook die 3 000m-wedloop se rekord verbeter.
Haar ousus, Michelle het die 800m- en 1 500m-wedlope vir D0/17 gewen en het ook die 3 000m-rekord verbeter.
Sharona Klein het die 800m-wedloop vir D0/16 gewen en Vusi Gamede vir S0/16.
Brilliant Mhlanga het ’n nuwe rekod in die 400m-naellope vir S0/15 opgestel.
Lerato Kekana het ’n goue medalje in hoogspring vir D0/14 verdien, Ryan Erasmus was eerste in verspring vir S0/14 en Stefan Bezuidenhout was eerste in gewigstoot vir S0/14 en tweede in skyfwerp.
Jessica van den Berg het die gewigstoot-rekord vir D0/15 verbeter en het ook die in skyfwerp gewen, met Marjohandri Wilken tweede in gewigstoot vir D0/15.
Etienne Pretorius het ’n silwermedalje in gewigstoot vir S0/17verwerf, Dian Landman was eerste in gewigstoot vir S0/19, Ethan Young was eerste in skyfwerp vir S0/14 en Jayden Schnuir was eerste in skyfwerp vir S0/15.
Cherise Stapelberg het die spiesgooi vir D0/15 gewen en Nicole Lindeque het ’n nuwe rekord in spiesgooi vir D0/17 opgestel.