Mausers wen MLA-interhuis met 742 punte

Die Maxims het die Geesbeker gewen, terwyl die Mausers met 742 punte onoorwonne was.

Morgenzon Landbou Akademie het onlangs hul interhuis aangebied.

Volgens die skool het ‘n goeie spangees geheers en verskeie atlete het trofees ontvang.

Corlia van der Merwe is as die beste 200m 0/15-baanatleet aangewys, Kiara Mostert as die 0/17-Victrix Ludorum en Ruhan Gouws as die 0/19-Victor Ludorum.

Lee-Ann Els het ‘n toekenning as beste 0/12-150m hekkiesatleet ontvang, Ruan Lombard was die 0/15-Victor Ludorum en Lee-Ann Els die 0/12-Victrix Ludorum.

Richard Ackerman het in die 0/17-gewigstoot die beste veldatleettoekenning ontvang en Vuyo Khumalo was die beste 0/17- 110m hekkiesbaanatleet.

Jana Swart is as beste veldatleet aangewys in die gewigstoot 0/16 en Corlia van der Merwe as die 0/15-Victrix Ludorum.

Die Maxims het die Geesbeker gewen, terwyl die Mausers met 742 punte onoorwonne was.

Vuyo Nkosi het die 0/09-Victor Ludorum-toekenning ontvang en Samu Kanyi die 0/09-Victrix Ludorum-toekenning.

Juné de Bruyn was die beste veldatleet in die 0/11-gewigstoot, terwyl Deacon Breytenbach die beste veldatleet in die 0/10-gewigstoot was, beste baanatleet in die 0/10 70m hekkies, sowel as die 0/10-Victor Ludorum.

Corlia van der Merwe (beste 200m 0/15-baanatleet) haar trofee van me. Alta Kleyn (onderwyser: Morgenzon Landbou Akademie). (Foto: Verskaf)
Vuyo Khumalo (beste 0/17- 110m hekkiesbaanatleet) met me. Alta Kleyn (onderwyser: Morgenzon Landbou Akademie). (Foto: Verskaf)
Me. Alta Kleyn (onderwyser: Morgenzon Landbou Akademie) en Ruhan Gouws na afloop van die interhuis. (Foto: Verskaf)
Me. Alta Kleyn (onderwyser: Morgenzon Landbou Akademie) en Ruan Lombard (0/15-Victor Ludorum) by die skool se interhuis. (Foto: Verskaf)
Richard Ackerman (0/17-gewigstoot: beste veldatleet) spog met sy medalje met me. Alta Kleyn (onderwyser: Morgenzon Landbou Akademie) wat toekyk. (Foto: Verskaf)
Lee-An Els (beste 0/12-150m hekkiesatleet en 0/12-Victrix Ludorum) ontvang haar trofee van me. Alta Kleyn (onderwyser: Morgenzon Landbou Akademie). (Foto: Verskaf)
Me. Alta Kleyn (onderwyser: Morgenzon Landbou Akademie) en Kiara Mostert (0/17-Victrix Ludorum) by MLA se interhuis. (Foto: Verskaf)
Me. Alta Kleyn (onderwyser: Morgenzon Landbou Akademie) en Jana Swart (beste veldatleet: gewigstoot 0/16) by die interhuis van MLA. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version