School sportSport

SHS-atlete behoorlik gerat by interhuis

Dit was reeds duidelik dat die leerders gemotiveerd was en verskeie rekors is geslaan.

Hoërskool Standerton (SHS) het die atletiekseisoen op Vrydag 17 Januarie afgeskop met hul interhuis.

Atlete het deelgeneem aan skyfwerp, gewigstoot, hoogspring, spiesgooi, verspring, driesprong en in baanitems meegeding.

Dit was reeds duidelik dat die leerders gemotiveerd was en verskeie rekords is verbeter.

Teninke van Niekerk se tye in die 100m en 200m vir die D0/14 was onderskeidelik 12,70 sek en 26,52 sek. In die hoogspring het sy ‘n hoogte van 13,70 behaal.

Anika Lategan het in die D0/14-spiesgooi ‘n afstand van 29,98 behaal, terwyl Sumé Strydom in die D0/15 in dieselfde item 32,44 behaal het.

Zandré van Wyk het in sowel die 0/16- as 0/17-ouderdomsgroep gewedywer en die driesprongitem met ‘n afstand van 10.64 gewen.

Kristin Nortjé het in die D0/19-driesprong 10,59 behaal.

Atlete wat by Hoërskool Standerton se interhuis op 17 Januarie rekords verbeter het, is (voor) Anika Lategan en Teninke van Niekerk. Agter is Sumé Strydom, Zandré van Wyk en Kristin Nortjé.

Lees ook:

https://standertonadvertiser.co.za/100264/galery-hoerskool-standerton-se-atlete-ding-mee-interhuis/

Related Articles

Back to top button