Local sportSport

Rugbyspelers begin nou reeds vir Mpumalanga-liga voorberei

Hoewel die Mpumalanga Premiersliga op 9 Mei afskop, gaan die spanne al in Februarie met vriendskaplike wedstryde begin

SECUNDA – Die Sasol Digi Mag Rugbyklub het reeds verlede week weer begin oefen om die manne topfiks vir die komende seisoen te kry.

Die klub se hoofafrigter, mnr. Lodewyk Uys, het gesê die klub wil die seisoen in top kondisie begin met sterk en fikse spelers.

Hoewel die Mpumalanga Premiersliga op 9 Mei afskop, gaan die spanne al in Februarie met vriendskaplike wedstryde begin. Hulle beoog om op 29 Februarie aan die Springs-rugydag deel te neem.

Sasol Digi Mag gaan vanjaar weer saam met die spanne van Middelburg, Witbank en Newcastle in ‘n poel van die Mpumalanga-liga uitdraf.

Mnr. Uys is opgewonde oor die nuwe talent wat vanjaar by klub aangesluit het en hy glo hulle gaan goed aanvul by die meer ervare spelers wat vanjaar weer terugkeer.

Hy nooi belangstellendes om by die klub te kom aansluit, saam te oefen en vriende raak. Die spelers oefen elke Dinsdag en Donderdag vanaf 6nm.

Nuweling Leonardus Erasmus probeer die bal by Terence Doonan afneem.
Regardt Strydom en Eugene Zaaiman neem aan die opwarmingsoefeninge deel op Donderdag, 16 Januarie.
Marinus van der Merwe voer ’n systappie met die bal uit.

https://www.facebook.com/echoridgenewspapers/videos/480890529286327/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button