School sportSport
Misché Bothma blink uit met perde
Sy is aangewys as die 0/14-kinderperdkampioen, die 0/14-kinderruiterkampioen en die reserwe kampioen in die inhand-afdeling vir merries bo vyf jaar.
Misché Bothma van Kruinpark het in September met haar perd Ludwig Giza aan Secunda Landbouskou deelgeneem.
Sy is aangewys as die 0/14-kinderperdkampioen, die 0/14-kinderruiterkampioen en die reserwe kampioen in die inhand-afdeling vir merries bo vyf jaar.
Misché het ook eerste plekke verower in die afdelings vir 0/14-kinderperd en drie-gang merries, ‘n tweede plek vir 0/14-kinderruiters en ‘n vyfde plek as nuweling in die drie-gang-afdeling.