Local sportSport

Sasol DigiMag Rugbyklub van Secunda vereer spelers

Uithouvermoë is veral in rugby belangrik en vanjaar is die Diesel-trofee vir uithouvermoë aan Potties Potgieter toegeken.

SECUNDA – Anwar Fillis het tydens Sasol DigiMag Rugbyklub se jaarlikse prysuitdeling op Saterdag, 2 November drie toekennings ingepalm.

Sy naam gaan vanjaar op Beste Agterspeler vir die Eerstespan, meeste drieë en Players’ player of the Year se trofeë gegraveer word.

Dit is nie net die spelers wat vereer is nie.Mnr. Johan en me. Melissa Bezuidenhout is as beste bywoners aangewys en me. Jolanda Visser as beste ondersteuner van die jaar.

Sonder ‘n goeie bestuurder kan dinge maar sukkel-sukkel verloop en gelukkig het Sasolklub nie dié probleem nie. Me. Mariëtte Krüger is as Bestuurslid van die Jaar aangewys.

Die derdespan se Speler van die Jaar is Marco Meintjies, die beste agterspeler is HD Basson, die beste voorspeler is Karel Pieter de Jager en Anvar January is die derdespan se beste verdediger.

Me. Mariëtte Krüger ontvang die trofee as Bestuurslid van die Jaar.

Michael Podges is as die tweedespan se Speler van die Jaar en beste voorspeler aangewys.

Rudolf Pretorius is die tweedes se beste agterspeler en Eddi Victor die beste verdediger.

Met hul Gold Cup-oorwinning op die kerfstok is die eerstespan as die Span van die Jaar aangewys.

Die eerstespan se beste verdediger is Berty Visser en Calvin Clark die beste voorspeler.

Beste kombinasie is aan die eerstes se voorry toegeken.

Dalton Smit word as die mees aanvallende speler aangewys terwyl Mark Jacobs die mees veelsydige speler is.

Jeandré Mathee ontvang vanjaar die trofee vir beste opkomende speler/nuweling.

Dit is nie aldag wat ‘n klubrugbyspeler kan sê hy het 114 punte op die telbord gesit nie, juis daarom word Marinus van der Merwe as die speler wat die meeste punte gemaak het, aangewys.

Ruan Neethling of soos baie hom ken, Mielie, het die beste vordering vanjaar gewys.

Uithouvermoë is veral in rugby belangrik en vanjaar is die Diesel-trofee vir uithouvermoë aan Potties Potgieter toegeken.

Dandré Brand en Janu Lategan het deur die jaar gewys wat sportmanskap is en deel vanjaar dié trofee.

Elke span het geesbou nodig en Wian Prinsloo het vanjaar dit reg gekry om as Geesbouer van die Jaar aangewys te word, terwyl Jacobus Beyleveldt en Steyn van den Heever die Droogmakers van die Jaar is.

Sweis Jacobs is klubman van die jaar en Barman Adam ontvang die trofee van verdienstelikheid vir onbaatsigtigheid.

Sasol DigiMag Rugbyklub het ‘n goeie en suksesvolle jaar met goeie gees en geseligheid afgesluit.

Die manne is gerat vir volgende jaar en sien na nog ‘n goeie jaar uit.

Meer fotos beskikbaar hier: [GALLERY] Sasol DigiMag Rugbyklub spelers en lede vereer

Related Articles

Back to top button