Local sportSport

Ermelo Marathonklub nooi leerlinge om betrokke te raak

“Daar is die vinnige Frikkies, hollers en drawwers wat daagliks omstreeks 5vm voor Dougies Pets wegspring.”

Na afloop van die Hans Storm Wedloop wat onlangs gehou is, daag die Ermelo Marathonklub nou skole uit om leerlinge betrokke te kry by die klub.

Die Hans Storm Wedloop het 650 deelnemers gelok, waarvan 535 aan die 4.9km en 115 aan die 10km deelgeneem het.

Volgens me. Melody du Toit van die marathonklub, kan enige iemand by die marathonklub inskakel.

“Daar is die vinnige Frikkies, hollers en drawwers wat daagliks omstreeks 5vm voor Dougies Pets wegspring.”

Die lede word verdeel volgens die afstand wat hul gaan aflê, asook hul onderskeie spoedafdelings.

Me. Du Toit het mense ook aangespoor om Saterdae aan die Kralinberg parkrun deel te neem om hul harte aan die bons te kry in die proses om ’n gesonde leefstyl na te streef.

Related Articles

Back to top button