Tristan en Des vang swaarste sak vis vir liefdadigheid

Die doel van die kompetisie was om die jongspan aan die sport bloot te stel, en ook om geld vir Marno Pretorius, ’n kankerlyer, in te samel.

TRICHARDT – Des Fourie en Tristan Wilson is die wenners van die Lekker Sosiale Hengelklub se Pa-en-kind-kompetisie wat op 12 en 13 Oktober by die Trichardtsfonteindamontspanningsoord gehou is.

Die doel van die kompetisie was om die jongspan aan die sport bloot te stel, en ook om geld vir Marnu Pretorius, ‘n kankerlyer, in te samel.

Die wenners se sak het na die twee dae die skaal op 12,8kg getrek.

Fourie het ook die swaarste karp in die mansafdeling gevang. Dit het 3,5kg geweeg. Arno van Merwe was tweede met ‘n van 2,2kg.

André Rabie en Gert Bothma het ‘n derde plek gedeel. Albei het ‘n karp van 2kg ingeweeg.

Marko Grobler het in die kinders se afdeling die swaarste karp vasgekap. Dit het 3,2kg geweeg. Lelanie van der Merwe was tweede met ‘n karp van 3kg en Tristan Wilson was derde met 2,9kg-karp.

Die geld wat met die kompetisie ingesamel is, sal eersdaags aan Marnu se ouers oorhandig word.

Exit mobile version