Standerton en Distrik Hengelklub se seisoen nader sy einde

Die volgende kompetisie sal die naweek van 2 tot 3 November by Grootdraaidam plaasvind.

Standerton en Distrik Hengelklub het op Saterdag 5 Oktober by Trichardtsfonteindam lyn natgemaak waar klublede in hul onderskeie afdelings meegeding het.

In die seniorafdeling het Jako Fourie eerste met 17 visse van 8,13kg geëindig, terwyl Niel Jansen van Rensburg met 16 visse van 7,71kg tweede was en Kurt Stoger met 15 visse van 7,87kg derde.

Dalene Hoffman was onoorwonne in die vroue-afdeling met ses visse van 2,96kg, gevolg deur Nicolene Kuhn met vyf visse van 1,49kg.

Kuhn het die swaarste kleinbekgeelvis van 0,440kg aan wal gebring, Tieg Barnard het die swaarste karp van 3,360kg vasgekap en Jansen van Rensburg die swaarste moddervis van 0,585kg.

Die volgende kompetisie sal die naweek van 2 tot 3 November by Grootdraaidam plaasvind.

Die klub se prysuitdeling sal op 9 November in die krieketsaal by Vaalrivierskool gehou word.

Hoffman is gelukgewens met die Vroue A-span wat tydens die SAVOF-toernooi geseëvier het.

Exit mobile version