Twee leerders van Morgenzon Landbou Akademie het onlangs aan die ‘Western Mounted Games’ se nasionale kampioenskap deelgeneem.
Dié kampioenskap het by Afridome op Parys plaasgevind.
Marike Vermeulen, ’n gr. 10-leerder en haar perd, Kaydine, het Vrystaat op vlak drie verteenwoordig en haar goed van haar taak gekwyt deur ’n algehele sewende plek te behaal.
Tilanie Groenewald, ’n gr.12-leerder en haar perd, Gold Dust, het Mpumalanga op vlak vier verteenwoordig en ’n algehele sesde plek behaal.
Tilanie het ook aan die Sanesa-klas deelgeneem en is as die hoërskoolvlak-sewe se reserwekampioen aangewys.
Sy is ook vir die 2019 Nasionale SAEF junior-dogterspan gekies.
You can read the full story on our App. Download it here.