School sportSport

Gr. 8-leerder van SHS ding mee in gewigstoot en 100m in Pretoria

Dié plaasdogter het ’n koshuiskamer by die hoërskool wat sportoefening in die middae vergemaklik voordat Gerbie haar oplaai om terug huis toe te ry.

Jomari Louwrens laat haar geensins afskrik van sportuitdagings nie en het op Saterdag, 7 September by die Tuks Bestmed-stadion aan die Down-sindroomvereniging se atletiekbyeenkoms deelgeneem en ‘n silwer medalje in gewigstoot en brons medaje in die 100m behaal.

Dit is nie die eerste keer dat die gr. 8-leerder van Hoërskool Standerton in die gewigstoot- en 100m-item wedywer nie.

Hoewel sy nie verlede jaar in Pretoria haar slag kon wys weens ‘n operasie nie, het sy in 2017 by die Pilditch-stadion teen ander atlete meegeding.

Volgens ma Gerbie, oefen Jomari meestal op haar eie en kry met trampolienspring genoeg oefening in.

Mnr. Johan Green (onderwyser: Hoërskool Standerton) maak Jomari touwys in die fynere kunsies van gewigstoot. (Foto: Verskaf)

Mnr. Johan Green, onderwyser by SHS, en me. Elsje Greaves Human, ook ‘n onderwyser, maak haar verder touwys.

Dié plaasdogter het ‘n koshuiskamer by die hoërskool wat sportoefening in die middae vergemaklik voordat Gerbie haar oplaai om terug huis toe te ry.

Jomari, soos enige opgeskote tiener, is ongetwyfeld ‘n groot aanhanger van Afrikaanse musiek.

“Sy kan gewoonlike enige liedjie dadelik identifiseer,” het Gerbie gesê.

Corné, Jomari en Tilani Louwrens woon gereeld atletiekbyeenkomste by. (Foto: Verskaf)

Die grotes soos Steve Hofmeyr en Juanita du Plessis tel onder haar gunstelinge.

Jomari het ‘n sagte plekkie vir hul troeteldiere wat twee Jack Russels, twee katte, ‘n labrador en boelterriër insluit.

Sy het haar onafhanklikheid weer eens verlede Saterdag onderstreep met pa Foeta, Gerbie, broer Corné en kleinsus Tilana, sowel as haar ouma, twee tannies, nefies en niggies wat op die paviljoen gesit om haar vertoning van nader te bekyk.

“Ons is baie dankbaar vir die familie se ondersteuning,” het Gerbie bygevoeg.

Jomari Louwrens het Saterdag 7 September aan ‘n atletiekbyeenkoms in Pretoria deelgeneem en in gewigstoot en die 100m meegeding. (Foto: Verskaf)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button