School sportSport

MLA se 0/13A1-jukskeispan eindig eerste

MLA se 0/13A1-span het hulle goed van hul taak gekwyt om in die eerste plek met 12 punte meer as hulle teenstanders te eindig.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het op 17 Augustus aan die tweede jukskeiligawedstryde op Morgenzon deelgeneem.

Skole wat aan die liga deelgeneem het, is Laerskool Breyten, Laerskool Kruinpark, Hendrina Gekombineerd, Evulinqondo Gekombineerd, Hoërskool Bondzeni, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Secunda, Hoërskool Oosterland, Hoër Tegniese Skool Witbank en Hoër Tegniese Skool Middelburg.

Die spanne is verdeel in 0/13-, 0/16- en 0/19-ouderdomsgroepe.

MLA se 0/13A1-span het hulle goed van hul taak gekwyt om in die eerste plek met 12 punte meer as hulle teenstanders te eindig.

Dié span het slegs met drie spelers hul wedstryde aangepak.

Die 0/13A2-span het in die derde plek geëindig met 27,5 punte, terwyl die 0/16-gemengde span in die eerste plek in hul ouderdomsgroep, met 63,5 punte, geëindig het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button