School sportSport

Landloopatlete van Laerskool Breyten presteer by Noordvaal NWU byeenkoms

Die 0/13-seunsspan het vir die hoogtepunt van die dag gesorg, toe hulle die tweede-, derde- en vyfde plek los gehardloop het.

Laerskool Breyten het op 24 Augustus aan die Noordvaal Noord-Wes Universiteit (NWU) Landloop byeenkoms op Potchefstroom deelgeneem.

Die atlete het teen Laerskool Menlopark, Lyfield Birch Acres en ander skole meegeding.

Laerskool Breyten se dogterspan het ’n algehele sesde plek en die seunsspan ’n tweede plek behaal.

Die 0/13-seunsspan het vir die hoogtepunt van die dag gesorg, toe hulle die tweede-, derde- en vyfde plek los gehardloop het.

Mnr. Louis Bates, hoof van Laerskool Breyten, het gesê: “Ek wil die afrigters van Laerskool Breyten, mnr. Louis Bates (jnr), me. Brigette Bates en me. Amanda Turner en elke atleet baie geluk wens met die prestasie.  Julle is ware ambassadeurs van ons skool.”

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button