SECUNDA – Sasol DigiMag Rugbyklub het Witbank op Saterdag, 27 Julie in die Phakisa Premier-liga se halfeindronde met 69-15 geklop.
Sasol DigiMag dring deur na die eindronde van die liga wat op Saterdag, 3 Augustus in Mbombela (Nelspruit) plaasvind waar hulle met Witrivier sal kragte meet.
Die DigiMag-spelers van die wedstryd is Michael Podges en Marinus (Stokkies) van der Merwe.
Die puntemakers was Van der Merwe en Brandon Potgieter wat elk drie drieë gedruk het, Jacobus Beyleveldt wat twee drieë gedruk het en Podges en Dalton Smit wat elk een drie gedruk het.
Van der Mewe het sewe drieë verdoel.