Frik Stander se duiwe presteer in wedvlug vanaf Hoopstad

Posduiwe meet kragte in wedvlug

SECUNDA – Frik Stander se duiwe het weer eens skoonskip gemaak en eerste, sewende, agtste en negende geëindig in die Sasol Posduifklub se wedvlug vanaf Hoopstad op Saterdag, 22 Junie.

Stander se duiwe het in die ope-afdeling uitgeblink terwyl een van die Corrie & Marina-span se duiwe tweede geëindig het, die Viljoen-gesin se duiwe derde en 10de, een Britz & Hayward-span se duiwe vierde, een van Eiber & Neethling-span se duiwe vyfde en een van Kinders van die Wind-span se duiwe sesde.

In die jaar-oud-afdeling in dié wedvlug vanaf Hoopstad, het Stander se duiwe weer verskeie plekke losgevlieg, maar een van Boeta Homan se duiwe het die vinnigste huis toe gevlieg.

Stander se duiwe het tweede, derde, sesde en agtste geëindig terwyl Selection Loft se duiwe vierde en 10de geëindig het, een van die Kinders van die Wind-span se duiwe vyfde, een van die Eiber & Neethling-span se duiwe sewende en een van Buks Snyman se duiwe negende.

In die tweede wedvlug vanaf Hoopstad, wat op Saterdag, 29 Junie plaasgevind het, het een van Puma Lofts-span se duiwe gewen terwyl Breet & Potgieter-span se duiwe tweede en sewende geëindig het en Eiber & Neethling-span se duiwe derde en vierde.

Een van Stander se duiwe het vyfde geëindig, een van die P. Steyn-gesin se duiwe sesde, een van Snyman se duiwe agtste, een van Corrie & Marina-span se duiwe negende en een van Homan se duiwe 10de.

In die jaar-oud-afdeling het een van Stander se duiwe gewys waarvan hy gemaak is en eerste geëindig terwyl sy ander duiwe tweede, vyfde en negende plekke losgevlieg het.

Kinders van die Wind-span se duiwe het derde en negende geëindig terwyl een van Selection Loft se duiwe vierde geëindig het, een van Homan se duiwe sesde, een van Snyman se duiwe sewende en een van die Viljoen-gesin se duiwe 10de.

Frik Stander met een van sy wenduiwe.
Exit mobile version