Die koue kortwiek hengelaars ietwat

’n Totaal van 14 visse met ’n massa van 15.1kg is aan wal gebring.

‘n Koue wintersdag het Standerton en Distrik Hengelklub op 6 Julie by die dam begroet.

Die koue het die hengel beïnvloed en 14 hengelaars het aan die kompetisie deelgeneem, waarvan 11 seniors, twee vroue en een 0/19-junior.

‘n Totaal van 14 visse met ‘n massa van 15.1kg is aan wal gebring.

Die uitslae in die verskillende afdelings is:

Seniors
Fonnie Botha drie visse (4.14kg)
Morné Kuhn twee visse (1.84kg)
Gerhard Lues een vis (2.16kg)

Vroue
Nicolene Kuhn twee visse (3.56kg)

Juniors 0/19 
Morné Kuhn (jr.) vier visse (3.08kg)

Geen 0/13-juniors en junior supersnuiter het meegeding nie.

Die klub het die Niel Janse van Rensburg, Niewies Jansen van Nieuwenhuizen, Francois Scheepers, Morne Ludick, Dirk Nel, Dirk Nel (jr.), Robert Nortje, Thys Greyvenstein, Jako Fourie en Garath Fransman wat in die senior A-span van Mpumalanga opgeneem is.

Die bestuurder is Willem van der Vyfer.

Andries Holtzhausen, Kurt Stroger, Louis Fourie en Dewald Steenkamp (reserwe) is vir die senior B-span gekies en Klaas Ceronio, Jacobus Hoffman en Tieg Barnard vir die senior C-span.

Francois Scheepers, Dirk Nel, Niewies Jansen van Nieuwenhuizen, Dirk Nortje en Jannie Erasmus is vir die Meesters A-span gekies met Willem van der Vyfer, wat die bestuurder sal wees. Richard Hills is vir die Meesters B-span gekies.

Morné Kuhn (jr), Morné Kuhn, Nicolene Kuhn, Fonnie Botha en Gerhard Lues is klubwenners. (Foto :Verskaf)
Exit mobile version