Local sportSport

Frik Stander en Buks Snyman se duiwe blink uit tydens eerste wedvlug

Voëls vind hul pad na die huis

SECUNDA – Plaaslike duiweboere se duiwe het op Saterdag, 1 Junie uitgeblink tydens die Sasol Posduifklub se eerste wedvlug van die seisoen.

Frik Stander se duiwe het eerste, tweede, derde, negende en 11de plekke behaal in die jaaroud-afdeling.

Die duiwe moes vanaf Kroonstad na hul huise op Secunda en omliggende dorpe vlieg.

Die duiwe van Koekemoer Lofts het vierde en agtste plekke in dié afdeling behaal, terwyl een van Boeta Homan se duiwe ‘n vyfde plek behaal het.

Een van Buks Snyman se duiwe het ‘n sesde plek behaal, terwyl een van die Eiber & Neethling-span se duiwe ‘n sewende plek behaal het.

Een van die Viljoen-gesin se duiwe het 10de geëindig.

In die ope-afdeling het een van die Viljoen-gesin se duiwe die vinnigste gevlieg en eerste geëindig, terwyl een van hul ander duiwe agtste geëindig het.

Frik Stander met een van sy wenduiwe wat uitgeblink het in Sasol Posduifklub se eerste twee wedvlugte van die seisoen.

 

Een van die Eiber & Neethling-span se duiwe het aan hulle ‘n tweede plek besorg, terwyl Stander se duiwe derde en vierde geëindig het.

Een van die duiwe van die Selection Loft-span het vyfde geëindig, terwyl Buks Snyman se duiwe sesde en 10de plekke behaal het.

Een van die P. Steyn Familie se duiwe het sewende geëindig en een van Corrie en Mariana Loft se duiwe het negende geëindig.

Die duiweboere se duiwe het op Saterdag, 8 Junie weer vanaf Kroonstad huis toe gevlieg en Stander se duiwe het weer eens uitgeblink en in die jaaroud-afdeling eerste en tweede plekke behaal.

Koekemoer Lofts se duiwe het ook goed gevaar en derde, sewende, agtste en negende plekke behaal.

Een van Eiber & Neethling-span se duiwe het ‘n vierde plek behaal terwyl een van die Kraft-gesin se duiwe ‘n sesde plek behaal het en een van Buks Snyman se duiwe ‘n 10de plek.

In die ope-afdeling was dit weer een van Stander se duiwe wat die vinnigste gevlieg het, terwyl een van sy ander duiwe tweede geëindig het.

Eiber & Neethling-span se duiwe het vir hulself derde, vierde en 10de plekke losgevlieg, terwyl een van Britz & Hayward-span se duiwe ‘n vyfde plek behaal het.

Snyman se duiwe het sesde, sewende en negende geëindig, terwyl een van Kinders van die Wind-span se duiwe agtste geëindig het.

Duiweboere se wedvlugduiwe het op Saterdag, 15 Junie vanaf Odendaalsrus in die Vrystaat, huis toe gevlieg en een van die P. Steyn Familie se duiwe het die jaaroud-afdeling gewen, terwyl Snyman se duiwe goed gevaar het en tweede, vyfde en 10de plekke behaal het.

Stander se duiwe het ook uitgeblink en derde en vierde plekke in dié afdeling behaal, terwyl een van die Selection Loft-span se duiwe ‘n sesde plek behaal het.

Een van Britz & Hayward-span se duiwe het ‘n sewende plek behaal, terwyl die Koekemoer Lofts-span se duiwe agtste en negende plekke behaal het.

In die ope-afdeling se wedvlug vanaf Odendaalsrus, het een van Snyman se duiwe ‘n eerste plek losgevlieg, terwyl Stander se duiwe tweede, derde, vierde en vyfde plekke behaal het.

Britz & Hayward-span se duiwe het sesde, agtste, negende en 10de plekke behaal, terwyl een van die P. Steyn-familie se duiwe ‘n sewende plek losgevlieg het.

Buks Snyman met een van sy wenduiwe.

Related Articles

Back to top button