Marilize Roelofse Akrobaat Skool se dansers het van 26 Mei tot 1 Junie aan ‘n interprovinsiale kampioenskap deelgeneem met Suné du Preez wat ‘n eerste plek met 9.37 behaal het.
Luhané Swanepoel het met 9.27 vierde geëindig en Luadri Bierman met 9.08 vyfde.
Suné het deurgedring na die Suid-Afrikaanse Kampioenskap wat op 6 Junie plaasvind.