‘n Totaal van 24 spelers het op 1 Junie by die Standerton Buiteklub om die Maandelikse Beker meegeding met Jannie Nichols wat die beste gross van 74 behaal het.
Jacques Scholtz, Francois Cronjé, Johan J van Rensburg en Jaco Sutherland het spog-twee’s aangeteken.
In die A-afdeling het Joré Nortjé se netto van 70 aan hom die eerste plek besorg, gevolg deur Ruan Botha met ‘n netto van 72.
Louis Gravett was onoorwonne in die B-afdeling met ‘n netto van 79, gevolg deur Nico Lombard met ‘n netto van 79.
Nic Momberg was eerste in die C-afdeling met 34 punte, terwyl Francois Cronjé tweede met 31 punte en Hannes Vermaak derde met 23 punte geëindig het.
Alex Pieterse en Ronald Kinnear het die ‘mystery birdie’ gewen.