Hoërskool Oosterland wen op tuisveld teen Volksrust

Skool vaar goed met rugbywedstryde

SECUNDA – Hoërskool Oosterland het op Vrydag, 17 Mei op hul tuisveld met Hoërskool Volksrust kragte gemeet en net Oosterland se 0/14A-rugbyspan het hul wedstryd verloor.

Oosterland se eerstespan se wentelling is 32-19, die tweedespan se telling is 18-5, die 0/16A-span se telling is 19-15, die 0/15A-span se telling is 32-10 en die 0/14A-span het verloor met 15-29.

Oosterland se hokkiespanne het nie so goed gevaar nie en het meeste van hul wedstryde verloor.

Die eerstespan het met 0-3 verloor, die tweedespan met 0-2, die 0/16-span met 0-8 en die 0/14-span met 1-2. Oosterland se 0/15-span het daarin geslaag om Volksrust met ‘n telling van 2-1 te klop.

OHS vs Volksrust HS dogtershokkie. O14 verloor 1-2, o15 wen 2-1, o16 verloor 0-8, 2des verloor 0-2 en 1stes verloor 0-3.

Hoërskool Oosterland se eerste rugbyspan het op Vrydag, 10 Mei hul wedstryd teen Volksrust gewen.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version