Trapklub bied fietsrydag op Kriel aan

Die klub is op soek na vier vrywilligers om met onder meer inskrywings, ’n waterpunt en tydopneming te help.

Standerton Trapklub organiseer op Saterdag 8 Junie ’n ‘Joy’-fietsrydag by Kriel Gholfklub.

Joy’ bied die wedren vir hulle klante, naamlik die myne, aan.

Die klub is op soek na vier vrywilligers om met onder meer inskrywings, ’n waterpunt en tydopneming te help.

Trapklublede mag verniet saamry.

’n 10km MTB-wedren vind om 10vm plaas en ’n 40km MTB-wedren om 11.30vm.

Deelnemers kan een of albei doen en pryse is op die spel vir mynspanne.

Getalle word benodig voor 27 Mei om reëling vir ontbyt en middagete te tref.

Vrywilligers mag dalk ’n nuwe Trapklub-hemp verdien.

Skakel 076 442 8294.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version