Local sportSport

Gholfers ding mee in verskeie kompetisies by die Standerton Buiteklub

Die Maandelikse Beker is op 4 Mei beslis waar Andrew Harper die beste gross van 80 aangeteken het.

‘n Totaal van 28 gholfspelers het onlangs aan ‘n beterbal-kompetisie by die Standerton Buiteklub deelgeneem waar Theuns Adendorff en Tertius Brits met 46 punte koning gekraai het

Jannie Nichols en Johan Brink se 45 punte het hul tweede laat eindig, gevolg deur Herman Mynhardt en Louis Gravett, ook met 45 punte.

Die agterhoede is gevorm deur Casper Roux en Joré Nortjé met 42 punte, en Heinrich Burger en Mauritz van Heerden, ook met 42 punte.

Louis Gravett het die boerpot gewen en Aldo Arnaldi was in die kol met die ‘mystery birdie’.

Adendorff het twee spog-twee’s aangeteken, Johan van Rensburg ook twee, terwyl Jacques Scholtz, Stephen Nortje en Ruan Botha elk een aangeteken het.

Nichols het die gelukkige trekking gewen.

In ander gholfnuus, het Laerskool Kalie de Haas op Woensdag 1 Mei hul 35ste gholfdag aangebied met Attie Mouton wat met 41 punte geseëvier het.

Dié geborgde dag is deur me. Jolene Greaves en me. Stefanie Pieters gereël.

Alex Pieterse het met 40 punte in die tweede plek geëindig, terwyl Pieter Bester, ook met 40 punte, die derde plek behaal het.

‘n Totaal van 69 gholfers het mekaar die stryd aangesê wat tydens dié geldinsameling met twee etes en ‘n prys beloon is.

Die Maandelikse Beker is op 4 Mei beslis waar Andrew Harper die beste gross van 80 aangeteken het.

Die wenner in die A-afdeling is Gerrit Coetzee met ‘n netto van 80, in die B-afdeling Ian Harper met ‘n netto van 74 en in die C-afdeling Nic Momberg met 27 punte.

Theuns Adendorff hier in aksie vanjaar. Hy en spanmaat Tertius Brits het by die onlangse beterbal-kompetisie geseëvier.

Related Articles

Back to top button