Local sportSport

Sasol DigiMag Rugbyklub klop Witrivier in eerste ligaronde

Sasol DigiMag en Witrivier meet kragte op Secunda-velde

SECUNDA – Sasol DigiMag Rugbyklub se spanne het op Saterdag 27 April, met Witrivier kragte gemeet in die Mpumalanga Rugbyunie se Phakisa-liga se eerste ronde.

Twee van Sasol DigiMag se spanne het gewen terwyl een span gelykop gespeel het.

Sasol DigiMag 1 (die Busse) het Witrivier 1 met 33-19 geklop.

Teen halftyd was die telling op 12 elk, maar Sasol het hul staal gewys en as wenners van die veld afgestap.

Die spelers van die wedstryd was Marinus van der Merwe en Calvin Clack.

Die puntemakers vir die wedstryd was Mark Jacobs, Anwar Fillis, Wian Prinsloo, Johan van der Merwe en Steyn van der Heever, wat elk ‘n drie aangeteken het en Fanie Booysen, Marnus van der Merwe en Van der Heever wat drieë verdoel het.

Dirk Coetzer van Sasol DigiMag 2 in aksie met die bal op Saterdag, 27 April toe Sasol teen Witrivier gespeel het.

Sasol DigiMag 2 (die Pompe) het gelykop gespeel teen Witrivier 2 met ‘n telling van 21 elk.

Teen halftyd was die telling 14 elk en die spelers van die wedstryd was Given Tshabalala (voor) en Righ Potgieter (agter).

Die puntemakers vir die wedstryd was Dirk Coetzer, Sphelo Jama en Deon Jonker wat elk een drie gedruk het en Potgieter wat drie drieë verdoel het.

Sasol DigiMag 3 (die Trokke) het Witrivier met 33-12 geklop.

Teen halftyd het Sasol DigiMag 3 reeds met 14-7 voorgeloop.

Die spelers van die wedstryd was Devin Pretorius (voor) en HD Basson (agter). Die puntemakers was Reghardt Strydom, Ruan Neethling, Brandon Wienand, Surprise Mgobhi en Anver Januarie wat elk een drie aangeteken het en DC Saaiman met vier doelskoppe.

Given Tshabalala van Sasol DigiMag 2 met die bal op Saterdag, 27 April tydens Sasol se wedstryd teen Witrivier 2.

Related Articles

Back to top button